OMTRENT ONSSELF

 

 

 

Dit is 2008 en Keerpunt Berading Netwerk (K.B.N.) is onoffisieel in 1992 gestig nadat Frans en Sariet Nortjė besef het dat daar ʼn grootskaalse behoefte na goeie en betroubare Pastorale begeleiers bestaan. Frans (aanbieder van die D.E.T. modules, Huweliks dinamiek en ander modules asook stigter van K.B.N. en Exousia omgee bediening) en Sariet (aanbieder van die Kinderbegeleiding en H.I.V. begeleiding en medestigter van K.B.N. en Exousia omgeegemeente) het albei grade verwerf in berading en is steeds besig met nagraadse studies. Hulle doen ook self berading as deel van hul roeping in die beradingsveld. Frans en Sariet is geregistreerde beraders by die Raad van Beraders in SA.

Hulle het twee seuns, Francois (20) en Louis (17).

 

Keerpunt Berading Netwerk is ʼn geregistreerde niewinsgewende organisasie (022-517-NPO) wat kort Pastorale kursusse aanbied in die Pastorale berading veld. Opleiding word opgedeel in twee basiese groepe, naamlik deeltydse klasbywoning of deeltydse afstandstudie.

Kursusse is uitkoms gebaseer en konsentreer op die praktiese en Pastorale (geestelike) aspekte van die beradingsveld.

Daar word van studente verwag om opdragte in te handig.

 

KBN is ‘n geregistreerde CQA (Christian Quality Assurance) sentrum.

Reg No.  568