Inspirasie | Emosionele Probleme | Tiener Depressie | Die Huwelik | Maskers Emosies | Geestelike Oorlogvoering | Egskeiding en Kinders | Keerpunt Beraders | Opleiding en Seminare | Kursus Datums | Kontak Ons | Omtrent Onsself | Springkastele
KEERPUNT BERADINGS NETWERK
K.B.N. Direksie 2005
Frans & Sariet Nortje
Manus en Heila du Toit, Herman en Alta Pretorius, Gerda de Klerk, Ria Brits, Mariette Steyn, Giel Malan,









Keerpunt
Beradings Netwerk (KBN) maak ‘n verskil in mense se lewens deur die nuwe
D.E.T. Beradingsbeginsels wat toegepas word!
Keerpunt
Beradings Netwerk (KBN) is in Januarie 2000 deur Frans en Sariet Nortje
gestig. Hulle doen
reeds vir meer as 10 jaar berading en het ondervind dat hul waglys al hoe
langer geword het. Soos wat mense genesing begin ontvang het deur hul
unieke bediening van Diepvlak Emosionele Terapie (DET), en ander daarvan
vertel het, het al hoe meer mense hulp gesoek en moes mense eventueel
weggewys word. Voortspruitend is daar begin
om opleiding te verskaf aan persone wat gewillig is om deeltyds 'n tydjie
af te staan vir die berading van ander, wie hulp benodig. Praktiese DET
Beradings opleiding word dus per klasbywoning en korrespondensie twee keer
per jaar aangebied (ses maande per kursus) om potensiële beraders op te
lei om DET effektief toe te kan pas en sodoende as beraders in die netwerk
opgeneem te word waarna kliënte verwys kan word vir berading en DET.
(Sien advertensie in die Erdekruik vir besonderhede). Daar is ondervind dat
daar baie mense is wat emosioneel so aangetas is deur die saamloop van
omstandighede, dat daar noodgedwonge ‘n netwerk van beraders in die lewe
geroep is om in verskeie geografiese areas te kan bedien, sodat mense nie
kilometers agter beraders hoef aan te ry nie.
Huidiglik is daar 'n hele aantal KBN Beraders en
studente in die netwerk en die netwerk groei steeds. K
B N is gestig as ‘n nie-winsgewende interkerklike organisasie wat op
Lukas 4:18 fokus, waar Jesus
sê: "Die
Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan
die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is,
te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel
van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die
aangename jaar van die Here aan te kondig." KBN bied twee keer
per jaar huweliksnaweekkampe aan om getroude pare te mobiliseer om
voorspoed en vreugde in hul verhouding te ervaar volgens Bybelse
beginsels. ‘n Menigte van huwelike is al gered van gewisse egskeiding as
gevolg van hierdie naweekkampe wat gewoonlik by oorde in die Bosveld gehou
word. Die organisasie
beskik oor ‘n HIV/VIGS kliniek waar persone anoniem kan aanklop vir
bloedtoetse en HIV/VIGS berading. Hierdie diens word deur gekwalifiseerde
personeel gelewer en die bloedtoetse word deur ‘n geregistreerde
patologiese laboratorium uitgevoer en verslae word deur ‘n
geregistreerde verpleegkundige aan die kliënt uitgereik. KBN het ‘n Trauma
ondersteuningsgroep wat ten doel het om naasbestaandes van persone met bv.
terminale siektes, by te staan. Die groep vergader elke Donderdagaand om
19:00 by KBN-huis te
Holihockstraat 568, Doornpoort, en rig hiermee ‘n uitnodiging aan enige
persoon wat ondersteuning verlang, om die byeenkomste by te woon. Dit
is die organisasie se toekomsvisie is om die Kerk reg oor Suid Afrika te
kan bedien, deur die beskikbaarstelling van opgeleide beraders van
verskillende kerke sodat mense die pakkasies van hul verlede kan agter los
en hul kan uitstrek na wat hul bediening in hul onderskeie gemeentes is en
dit ten volle kan uitleef sonder die struikelblokke van gister. KBN
se direksie het streng riglyne neergelê vir persone wat verbonde is aan
die organisasie se beradingsnetwerk en tree as waghond vir hierdie
beraders op. Die
organisasie streef daarna om in
alle opregtheid en eerlikheid, doelgerig en pligsgetrou sy doelwitte met
toewyding na te streef en te bereik, om die gemeenskap met sensitiwiteit,
barmhartigheid en bedagsaamheid getrou by te staan en regverdig op te tree
teenoor alle partye wat betrokke is by die organisasie en om gehoorsaam te
wees en hom te onderwerp aan die Woord van God as die finale gesag. KBN
is ‘n organisasie wat in eenheid met alle instansies en Christene wat
die Bybelse lewenswaardes uitleef, wil staan.
KBN se personeel, hetsy voltyds, deeltyds of vrywillig streef
daarna om met liefde, blydskap, vrede, vriendelikheid, lankmoedigheid,
sagmoedigheid, goedheid, getrouheid en selfbeheersing op te tree.
Die
organisasie pak alle sake met gebed en streef daarna om die waarheid
deelagtig te wees in alle opsigte, alhoewel geheimhouding geld jeens
persone se problematiese omstandighede. Keerpunt
Beradings Netwerk se hoof doelwitte is om
Christen gebaseerde emosionele genesing beradingsdiens aan die gemeenskap
te bied, Christen gebaseerde voorhuwelikse en huweliks berading en
werkswinkels aan te bied, Christen gebaseerde kanker berading te voorsien;
Christen gebaseerde VIGS berading te bied, Christen gebaseerde
doodsbegeleiding berading te bied, Christen gebaseerde seks onderrig te
bied, Christen gebaseerde opleiding en seminare aan te bied in verband met
al bogenoemde aspekte en om nie-christene tot bekering en wedergeboorte te
lei en hul uit te plaas in gemeentes. Enige
persoon ongeag van sy agtergrond en omstandighede is baie welkom om by KBN
aan te klop vir hulp, ondersteuning en opleiding. Daar word geen
konsultasie fooie gehef nie en derhalwe maak KBN staat op donasies vanaf
persone wat dit wel kan bekostig. KBN
kan gekontak word by die volgende kontaknommers: 082 788 1170 / 012 547
6742 of per epos keerpunt@eject.co.za
of internet www.keerpunt.vze.com
|
|
KBN se doelwitte is om: / TCN's objectives are to: Christen gebaseerde emosionele genesing beradingsdiens aan die gemeenskap te bied Provide a Christian-based emotional healing counseling service to the
community at large; Christen gebaseerde voor-huwelikse en huweliks berading en werkswinkels aan te bied Provide Christian-based pre-marital and marriage counseling and workshops; Christen gebaseerde kanker berading te voorsien; Provide Christian-based cancer counseling; Christen gebaseerde VIGS berading te bied; Provide Christian-based AIDS
counseling; Christen gebaseerde doods begeleiding berading te bied; Provide Christian-based bereavement / guidance
counseling; Christen gebaseerde seks onderrig te bied Provide Christian-based sex
education; Christen gebaseerde opleiding en seminare aan te bied in verband met al bogenoemde aspekte; Provide Christian-based training and seminars in
relation to all the abovementioned objectives. Eie of gehuurde eiendom te bekom waarvandaan KBN sal funksioneer om bogenoemde doelwitte te bereik Acquire either own or hired property to operate from, maintain and
support the achievement of the above-mentioned main objectives; Om fondse te in om sodoende die organisasie as 'n onafhanklike entiteit te onderhou met voltydse, deeltydse en vrywillige Christen beraders en assistente; To raise funds to sustain the organization as a financially independent entity, with full time, part time and voluntary Christian counselors and assistants; |