FONDSINSAMELING PROJEK
Insperasie | Emosionele Probleme | Tiener Depressie | Die Huwelik | Maskers Emosies | Geestelike Oorlogvoering | Egskeiding en Kinders | Keerpunt Beraders | Opleiding en Seminare | Kursus Datums | Kontak Ons | Omtrent Onsself | Springkastele
Die Hoof / Fondsinsamelings kommitee
Geagte Mnr/Mev.
Die
jaar 2001 was ‘n moeilike jaar vir die meeste skole en finansieël word
dit al hoe moeiliker om effektief te funksioneer sonder die nodige fondse.
Met
die onus op elke individuele skool om fondse in te samel op enige denkbare
manier moontlik, is die meeste projekte tydsaam en moeitevol beide om te
beplan en om uit te voer. Die inkomste is dan gewoonlik van so ‘n aard
dat dit nie die moeite werd was nie.
Jump For Joy kan en sal help om fondsinsameling in u skool in 2001 beide pret te maak vir u, u personeel en leerlinge, en boonop finansieël die moeite werd. Ons noem dit:
FONDSINSAMELING
2001.
Ons
sal in die komende weke in kontak wees met die meeste Pretoria skole, en
sal u binnekort kontak om te bepaal of u aanboord gaan kom met die
opwindindste fondsinsamelings projekte denkbaar in die jaar 2001, al dan
nie.
Vind
asb. aangeheg ‘n voorstelling en proposisie wat u skool finansieël
onafhanklik sal maak.
Indien
u enige navrae het, moet asb. nie huiwer om my te kontak by: 0824663067 /
0827881170 nie.
Byvoorbaat
baie dankie vir u belangstelling.
Die
uwe
Frans
en Sariet Nortje.
PRETDAG
2001
KONSEP
Hierdie
geleentheid moet deur personeel sowel as leerders gesien word as ‘n PRET
DAG.
‘n
Volledige reeks Opblaas-Pretitems sal vir hierdie dag beskikbaar gestel
word aan die Skool soos volg:
1.
Gladiatorbane
2.
Hindernisbane
3.
Waterglybane
( Alleenlik somer maande)
4.
‘n
Verskeidenheid van Springkastele. (Vir die jonger kinders)
Die
aantal opblaastoerusting wat verskaf gaan word sal wissel tussen 10 en 15
items en sal afhang van die aantal kinders wat deelneem aan die Pretdag.
Sien aangehegde tabel.
Hoe
Gaan Dit Werk
Die
volledige reeks Opblaas-Pretitems sal op die skoolterrein afgelewer,
opgestel en weer kom afhaal word op die dag van die verrigtinge.
Die
PRETDAG neem ‘n aanvang om 08h30 tot om en by 13h30.
‘n
Minimum van 250 kinders word benodig om deel te neem, om sodoende die dag
finansieël lewensvatbaar te maak. Alternatiewelik kan die items ook
gehuur word teen ‘n bedrag wat deur ons gespesifiseer word.
Van
die skool/kerk se kant af word personeel benodig om by elke item beheer
uit te oefen gedurende die verrigtinge.
Die
leerlinge moet roteer tussen die verskeie items met tussenposes, sodat
alle leerlinge die baan kan voltooi en niemand uitgesluit word nie.
Pryse kan toegeken word aan die verskeie spanne wat wen, om sodoende deelname meer opwindend te maak.
TOEGANGSFOOIE
Elke
leerling betaal R. 15-00 tot R. 20-00 (afhangend van die leerlinge se
vermoeë en die skool se behoefte) om aan die dag se verrigtinge deel te
neem.
Insameling
van gelde.
Die
Skool is verantwoordelik vir die insameling van alle gelde voor die dag
waarop die verrigtinge plaasvind. (Maandeinde is gewoonlik die beste tyd
vir insameling van gelde.) Goeie promosie en omsendbriewe veroorsaak
maksimale belangstelling.
KOMMISSIE.
Die
Skool ontvang ‘n Kommissie van
50% van
die dag se wins.
Die
balans word aan Jump For Joy oorbetaal op die dag van die verrigtinge.
Sien aangehegde kommissie tabel. Jump For Joy behou die reg om die kinders
te tel op die dag van die verrigtinge om sodoende enige misverstande uit
die weg te ruim.
ALGEMEEN.
Twee
weke voor die aanvangs datum, word ‘n vergadering gehou om die volgende
stappe puntsgewys te bespreek:
1.
Bevestiging van die aangeleentheid.
2.
Insameling
van fooie vanaf leerlinge - om die aantal pretitems te bepaal.
3.
Skedulering
en indeling van klasse wat deelneem in die Pretdag.
4.
Skedulering
en indeling van personeel wat by die pretitems beheer uitoefen.
5.
Beplanning
van die uitleg van sportvelde, elektrisiteit, waterpunte, afbakenings ens.
6.
Ooreenkom
om pretitems wat beskadig word te laat herstel teen 50% van herstel koste.
7.
Ondertekening
van vrywaringsvorms om sodoende die skool en Jump For Joy te vrywaar van
enige beserings wat opgedoen word gedurende die verrigtinge van die dag.
8.
Ooreenkom
tussen skool en Jump for Joy om uitgawes (soos seep, pryse ens.) te deel.
Kommissie
Tabel
Die
skool kies self watter toegangsfooi geskik is volgens die skool se
behoefte en vermoeë, maar nie hoër of laer as in die voorgestelde tabel
nie.
|
AANTAL |
KOMMISSIE
AAN SKOOL |
||||
|
LEERLINGE |
PRETITEMS |
@ R. 15.00 Min |
@ R. 20.00 Maks |
50% |
|
|
@ R.15 |
@ R.20 |
||||
|
500 |
9+ |
R.
7500 |
R.
10000 |
R.
3750 |
R.
5000 |
|
550 |
10+ |
R.
8250 |
R.
11000 |
R.
4125 |
R.
5500 |
|
600 |
11+ |
R.
9000 |
R.
12001 |
R.
4500 |
R.
6000 |
|
650 |
12+ |
R.
9750 |
R.
13000 |
R.
4875 |
R.
6500 |
|
700 |
13+ |
R.
10500 |
R.
14000 |
R.
5250 |
R.
7000 |
|
750 |
14 |
R.
11250 |
R.
15000 |
R.
5625 |
R.
7500 |
|
800 |
15 |
R.
12001 |
R.
16000 |
R.
6000 |
R.
8000 |
|
850 |
16 |
R.
12750 |
R.
17000 |
R.
6375 |
R.
8500 |
|
900 |
17 |
R.
13500 |
R.
18000 |
R.
6750 |
R.
9000 |
|
950 |
17 |
R.
14250 |
R.
19000 |
R.
7125 |
R.
9500 |