Inspirasie | Emosionele Probleme | Tiener Depressie | Die Huwelik | Maskers Emosies | Geestelike Oorlogvoering | Egskeiding en Kinders | Keerpunt Beraders | Opleiding en Seminare | Kursus Datums | Kontak Ons | Omtrent Onsself | Springkastele
DEPRESSIE SELFBEELD VERWERPING BINNEKIND NA BEGIN

|
DEPRESSIE, ‘N DONKER DAG Wat
is Depressie?
· Ons as normale mense, wat nie altyd kan glo dat daar iets soos neerslagtigheid bestaan nie, ervaar gewone dae, waarin ons gewoonweg aan ons dagtake werk. Tog kry ons, wat onsself “ NORMAAL” beskou, ook dae wat ons uiters goed voel, en die lewe is vir ons ‘n fees.
· Nou kan ons “normale” mense maar erken dat daar ook dae is wat ons soms “af” voel. Tye wat jy nie lus het vir gesels nie, wanneer jy net niks wil doen nie. Ons noem dit jou “donker” dae….. Wanneer die swaarmoedigheid swaar op jou skouers druk. Sulke gevoelens word as normaal beskou.
· Somtyds kan die gevoel uit rek van dae tot weke. Dae wanneer hierdie swaarmoedigheid jou omvou soos ‘n swaar weermag jas, dit sleep jou grond toe. Wanneer hierdie donker dae aanhou, en jou weermag jas swaarder word, word dit depressie genoem.
· Dit beïnvloed persone van alle ouderdomme, van kleuters tot senior burgers.
· Die belangrikste kenmerk van depressie is die gevoel van neerslagtigheid. Hierdie gevoel kan wissel van ‘n ligte gevoel van neerslagtigheid, tot ‘n gevoel van totale hopeloosheid, wanhoop en eensaamheid. Baie van ons probeer voortdurend ons gevoelens vir ander verberg. Spr.14:13 “ Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so ‘n blydskap is bekommernis.
· Baie van ons het simptome van depressie, maar ontken dit. Depressie kom dan uit op ander maniere soos fisiese simptome bv. Maagsere, aggressie, humeur buie, drink, gebruik van dwelms, hiperaktiwiteit, angstigheid, en abnormale gedrag.
· Simptome van depressie is: o Eetversteurings. o Persoon begin uitermate baie eet, of begin uitermate minder eet. o Slaapversteuring. o Persoon slaap baie sleg, en word gewoonlik een of twee uur snags wakker en lê ure wakker, of doen niks en slaap aanmekaar en voel aanhoudend moeg. o Psigomotoriese versteurings. o Persoon voel gedurig moeg, loop stadig en doen alles stadig, of die persoon is erg rusteloos en kry nie rus nie. o Verlies aan belangstelling. o Dit wat vir die persoon aangenaam was, is nie meer aangenaam nie, niks kan die persoon se belangstelling prikkel nie. o Verlies aan energie. o Alles raak vir die persoon baie groot moeite. o Lae eiewaarde en skuldgevoelens. o Die persoon verwyt homself as enige iets verkeerd gaan, en glo dat almal hom ook verwyt. o Probleme om te konsentreer. o Die persoon is geneig om vergeetagtig te wees, en neem moeilik besluite. o Herhalende gedagtes oor selfmoord. o Die persoon begin dink dat dit die beste sou wees as hy nie leef nie. Hy glo almal is beter af sonder hom.
Krisis – help asseblief ! o Die meeste van ons voel dat ons nie ander wil pla as ons ‘n donker dag beleef nie. Ons bly liewer stil en hoop dit sal verbygaan. o Deur nie te praat oor die swaar jas wat besig is om jou te versmoor nie, sonder jy jouself af en is gesond word baie moeilik. o Dit is belangrik dat jy vir iemand vertel dit is jou donker dag. Kry iemand wat jy vertrou, praat oor wat jou donker dag veroorsaak. o As jy dit moeilik vind om iemand in jou vertroue te neem, is dit raadsaam om ‘n berader te kontak vir hulp. o MOET NIE WAG OF UITSTEL NIE, JOU JAS WORD AL SWAARDER EN SWAARDER….. JYKAN VAN HOM ONTSLAE RAAK!!!!!!!
Onwaarhede oor depressie. 1. Dit is onwaar dat depressie altyd die resultaat is van sonde en gebrek aan geloof in God. 2. Dit is onwaar dat alle depressie die gevolg is van selfbejammering. 3. Dit is onwaar dat dit verkeerd is vir ‘n Christen om depressief te word. 4. Dit is onwaar dat depressiewe gevoelens permanent verwyder kan deur geestelike oefeninge. 5. Dit is onwaar dat geluk ‘n keuse is. 6. Dit is onwaar om te glo dat jy vinnig uit depressie uit kan kom as jy net wil. 7. Dit is onwaar om te glo dat jou depressie erger gaan word as jy daaroor praat. 8. Dit is onwaar as jy dink niemand kan jou help nie…. Daar is hulp, jy moet dit net vat.
Sariet Nortje.
· Frans & Sariet Nortjé: Gekwalifiseerde deeltydse Christen beraders en ook stigters van Keerpunt beradingsnetwerk in Pretoria.
· Ons bied ‘n beradingskursusse aan tot Graad vlak sien regestrasies vir meer inligtingf of indien u belangstel kontak Frans by 082-7881170 of Sariet by 082-4663067 · Ons beplan om ‘n beradingskliniek met 10 kantore en ontvangs area oop te maak in Pretoria (Noordelike wyke) waar mense met emosionele seer gehelp kan word. Indien iemand weet van ‘n gebou wat leeg staan of teen ‘n billike prys te koop is, laat weet my asb dringend.
·
Frans & Sariet Nortjé:
Gekwalifiseerde voltydse Christen beraders en ook stigters van Keerpunt
berading Netwerk in Pretoria.
·
·
Ons
beplan om ‘n beradingskliniek met 10 kantore en ontvangs area oop te
maak in Pretoria (Noordelike wyke) waar mense met emosionele seer gehelp
kan word. Indien iemand weet van ‘n gebou wat leegstaan of teen ‘n
billike prys te koop is, laat weet my asb dringend.
DEPRESSIE
SELFBEELD VERWERPING
BINNEKIND NA
BEGIN
HOUDING, VERHOUDING, EN GEDRAG · Die heel innerlike deel van jou persoonlikheid word saamgestel deur jou mees geheime en persoonlike denke, indrukke en interpretasies van die wêreld rondom jou. Die deel wat die buitewêreld nie kan sien nie, is verskillend van die deel wat die buitewêreld kan sien.
· Interpersoonlike verhoudings is jou abiliteit (vermoë) om met andere te vereenselwig.
· Traumatiese en onaangename ondervindings kan vrees, angstigheid en verwarring by jou veroorsaak.
· Persone met ‘n lae selfbeeld begin desperaat soek na dinge om die leemte in hul lewe te vul, wat vir hul verligting sal bring.
· Wat jy as kind glo word bepaal deur die manier waarop jy jou lewe en die dinge wat met jou gebeur interpreteer. Sommige sal dikwels sy emosies probeer wegsteek in ‘n poging om homself te beskerm. Die mens wat gedurig wegkruip vir sy emosies, kruip weg vir homself, sy medemens en vir God, en bou later sy lewe op geheimhouding.
· Persone met beseerde emosies het gewoonlik ‘n diep gevoel van onwaardigheid, is super sensitief, vol vrese, en presteer onder sy potensiaal. Enige sweem van kritiek dui vir die persoon met ‘n lae selfbeeld op mislukking. Daardeur probeer die persoon elke dag verbeter en perfeksionisme word ‘n obsessie.
· Die persoon raak so behep met sy tekortkominge, dat hy later in ‘n diepe depressie verval.
· Verwerping en beseerde emosies veroorsaak geen geloof in jouself nie, geen eiewaarde, altyd op soek na negatiwiteit. Die persoon glo hy is onaanvaarbaar, deins terug vir verhoudings wat toewyding vra, en is emosioneel onstabiel.
· Die persoon glo hy beteken niks, dat hy sleg is, en dat ander hom nie kan liefhê nie. Die persoon kan homself nie vergewe nie, en begin glo dat God hom ook nie kan vergewe nie. Aggressie en woede is ‘n direkte reaksie wat persone uitbeeld vir lang onderdrukte seergemaakte emosies.
· Aggressie en woede is die manifestasie van trauma. Talle van ons dra weggesteekte pyn in ons binnekant, en reageer nie soos God wil hê ons moet reageer nie.
· Mat.23 :27 …”Want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.”
· Mat 23:25”…..Want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar die binnekant is vol roof en onmatigheid.
WAT WIL GOD Hê MOET JY GLO VAN JOUSELF? · Dit is God se droom dat elkeen van sy skepping sterk, gesond en voorspoedig moet wees.
· Johannes 16:33 verseker Jesus ons dat Hy die wêreld oorwin het, dus hoef ons nie bekommerd te wees om aan die wêreld se standaarde te voldoen nie. Rom 12:2 leer ons om ons gedagtes te vernuwe na die Woord van God.
· Om ‘n gesonde selfbeeld te ontwikkel, moet jy van die idee afsien van wat ander mense van jou dink, en stip begin kyk wat God van jou dink.
· God het die mens gemaak (Gen 2). Die mens was die kroon van God se skepping, en God het die mens voorregte gegee bo ander lewende en hemelwesens. God het dus die mens soveel vertrou om die res van Sy werk aan die mens oor te laat. Tog het die mens nie sy waarde ingesien nie. Prediker 7:29 “Kyk, net dit het ek uitgevind: dat God die mens reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek”
· Deurdat die mens gedurig op soek was na waardes van die wêreld, het hy hom begin meet aan die wêreld se standaarde.
· God het sy skepping so lief gehad, dat Hy besluit het om sy seun Jesus te stuur, om weer vir die kroon van Sy skepping - Die mens - Sy liefde te bewys en die verhouding tussen mens en God te herstel en dus ook die mens se swak selfbeeld. God ken jou by die naam, en weet alles van jou af. Jer.1:5 sê God “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het; het Ek jou geken”.
· Jy is in Christus, daarom is jy God se geliefde. God kyk na jou, deur die oë van Jesus, en sê vir jou “Jy is my geliefde seun/dogter, in wie Ek My verheug”.
· Jy moet ‘n vennoot van God word in die herproggrammering van jouself. Jy is gemaak na God se beeld, en daarom moet jy van jouself begin dink wat God van jou dink. Gee God die kans om jou lief te hê, laat God jou leer om jouself lief te hê, en leer om ander lief te hê. Fil.4:13 Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.
· Elkeen van ons het ‘n unieke Godgegewe persoonlikheid, met spesiale talente, gawes en vermoëns. Die karaktereienskappe van God se persoonlikheid is diep binne ons omdat ons na God se beeld gemaak is. Mens is uniek en spesiaal deurdat hy deur God gemaak is, in God se beeld, vir persoonlike gemeenskap met God.
· Deurdat Jesus vir ons ‘n voorbeeld kom wees het op aarde 2000 jaar gelede het Hy ons ook Sy karakter en selfbeeld nagelaat en ons ‘n opdrag gegee om soos Hy te word.
· Volgende keer gaan ons u wys hoe om u selfbeeld te verbeter, of epos my indien u raad benodig.
·
‘n Kind het ‘n
desperate behoefte na liefde. Dis moeilik wanneer ‘n kind deur
egskeiding of dood van ‘n ouer gaan, maar dis moeiliker vir ‘n kind
wanneer albei ouers in sy teenwoordigheid is en hy ontvang geen liefde
nie, hulle speel nooit met hom nie, of hy word nooit vertroetel nie.
·
‘n Kind gaan deur
‘n skeisaak of dood – moeder / vader word nou die kind se enigste
sekuriteit, later is daar ‘n ander pa / ma – en die kind is verward.
·
‘n Dogtertjie word
deur haar pa gemolesteer. Sy word gedreig om nie vir ma te vertel nie,
want ma gaan haar in elk geval nie glo nie of haar nie beskerm nie. Baie
groot skade word aan daardie klein meisietjie se emosies aangerig en sy
leer dat sy net op haarself moet staatmaak.
·
Die patroon wat die
verwerping veroorsaak het, moet gebreek word.
·
Hulle moet geleer
word wat mense dink is waardeloos, wat wel waarde het, is hoe God oor
hulle voel. (Beeld van Christus)
·
Verwerping
veroorsaak: Geen geloof in jouself. Geen eiewaarde, altyd opsoek na
negatiwiteit.
·
So ‘n persoon glo
hy is onaanvaarbaar, hy deins terug vir verhoudings wat toewyding vra.
·
Vooraf vriendelik
(masker), aan die ander kant pyn, emosioneel onstabiel, kruip weg vir
homself.
·
Die persoon voel
onseker en onaanvaarbaar en ontwikkel gou ‘n masker wat sê “ek gee
nie om nie”.
·
Perfeksionisme, die
persoon steek sy innerlike weg deurdat hy alles buite perfek wil doen.
·
Hy neem enige kritiek
op as persoonlike verwerping.
·
Die persoon glo hy
beteken niks, dat hy sleg is, en dat ander hom nie kan liefhê nie en
dus kan hy homself nie vergewe nie. Later begin hy glo dat niemand vir
hom kan lief wees of hom kan aanvaar nie. Hy glo hy is onaanvaarbaar vir
die samelewing, vir God en uiteindelik vir homself. Die dinge wat hy glo
word versterk deur dinge wat daagliks gebeur, die muur om hom word net
al hoër.
·
‘n Kind wat sy lewe
vyandig beleef is emosioneel ongebalanseerd en voel hy kan niks doen om
homself te verdedig nie en aanvaar dus die negatiewe as normaal. · Die kind glo hy is onwelkom in die ouerhuis en wys dit deur sy gedrag dat hy sy ouers se liefde en respek nie waardig is nie. DEPRESSIE
SELFBEELD VERWERPING
BINNEKIND NA
BEGIN
BINNEKIND
Wat
is jou binnekind?
·
Jou
binne kind is die diepste versameling van emosies en herrinneringe wat
in jou vasgebrand is in die eerste agt jaar van jou lewe. Dit
sluit jou pre – natale jare of voorgeboorte jare in.
·
2
tipes binnekind kan geonderskei word nl.1. die kreatiewe kind –
Hierdie kind se heel diepste herrinneringe bestaan uit heel, gesonde
verhoudinge en herrinneringe wat jou vandag help om ‘n emosionele
gesonde, goed aangepasde persoon te wees . Om geklasifiseer te wees as
‘n persoon met ‘n gesonde binne kind, sal jy as volwassene as volg
reageer: Openheid, liefdevol, vinnig om te vergewe, betroubaar, goeie
verbeelding, spontaan, kreatief, spelerig,
belangstellend,ongeaffekteerd, gewillig om nuwe uitdagings te probeer,
responsief.
·
2.
Die seergemaakte kind – Hierdie kind se heel diepste
herrinneringe bestaan uit ongesonde verhoudinge en seer herrinneringe en
reaksies op die herrinneringe. Hierdie herrinneringe het soms tot gevolg
dat die persoon sekere kinder gedrag toon, en veroorsaak ‘n emosionele
onstabiele persoon met baie diep emosionele wonde. Hoe meer die seer
wonde van die binne kind, hoe meer sal jy vind dat die persoon sal
reageer vanuit die diep seer wonde. Hierdie persoon is geneig om op die
volgende manier te reageer: Woede buie, wil beheer neem, dikbek, praat
in kinderlike stem, huil buie, gooi van itemme, baie egosentries, dink
die wêreld draai om hom, vermy verantwoordelikheid, hardloop van
probleme af weg (of wil weghardloop) bang vir sy ouers, weerstaan enige
veranderinge, voel onbevoeg, te bang om in die openbaar te praat,
ontvlug in ‘n fantasie.
·
Jou
binnekind sal jou volwasse self help na heelheid en eenheid. Dit is
noodsaaklik dat jy vrede maak met die seergemaakte self binne jou. Dit
mag dalk wees dat jy die deel nooit erken of ontdek het nie, en daarom
nog nooit waarlik tot jou volle potensiaal as volwassene uitgestyg het
nie.
·
Die kindertyd
vanaf voorgeboorte tot ongever 7 jaar, is die belangrikste deel van jou
lewe, omdat die fondament van jou bestaan diep daarin ontwikkel is, en
die eintlike jy diep daarin ontwikkel het. Die diep seer of verwerping
wat jy mag ervaar het in hierdie tyd van jou lewe, kan veroorsaak dat
die seer vir die res van jou lewe jou bybly as jy nie met daardie
seergemaakte emosies gaan deel nie.
(Sariet)
· Indien u raad benodig vir u situasie kan u my epos., keerpunt@eject.co.za
·
Frans & Sariet Nortjé: Gekwalifiseerde Christen
beraders en ook stigters van Keerpunt Beraders Netwerk in Pretoria
en verbonde aan Lewende Woord.
|