D.E.T.
- WAT IS DIT?
D.E.T. of Diepvlak Emosionele Terapie (Uniek in geheel aan KBN)
Deep-level Emotional Therapy
WAT IS DET NIE?
DET is nie Hipnose nie!
DET is nie geeste oproep nie!
DET is om geen omstandighede gekoppel aan die Nuwe Era Beweging of New Age Movement nie!
DET is geensins gekoppel aan die Okkulte op enige manier nie!
DET is nie gekoppel aan enige denominasionele instansie of leerstelling nie!
DET is nie gevorderde sielkunde nie!
WAT IS DET WEL?
DET, kom tot die kern van emosionele turbulensie ... - en genesing!
DET bring volkome genesing van emosionele en siels-ongesteldhede!
DET is deur die Heilige Gees geïnspireer!
DET is Woord gefundeer!
DET is alles wat Lukas 4:18 belowe!
DET sentreer om Jesus as sentraal in ons lewens, Hy alleen is die groot Geneesheer!
DET praktiseer en onderskryf 1 Korintiërs 13!
DET soek die oorsprong van emosionele probleme en behandel nie bloot die vrot vrugte of gevolge nie!
DIE SEWE DET BEGINSELS WAT GENESING VOORTBRING?
DET
Beginsel een: Spreek die aggressor/s aan.
DET
Beginsel twee: Die prenatale tydperk en terapie indien daar trauma plaasgevind
het.
DET
Beginsel drie: Die Seergemaakte Binnekind. Die meeste van ons het ‘n
seergemaakte binnekind wat wegkruip vir emosionele seer.
DET
Beginsel vier: Terug na die trauma, toe dit plaasgevind het en genesing.
DET
Beginsel vyf: Terug na geliefdes wat onverwags aan die dood afgestaan is. (Ons
roep NIE geeste op nie! )
DET Beginsel ses: Aborsie / Traumatiese miskraam.
DET Beginsel sewe: Hoe om ontslae te raak van die fantasiebeelde van pornografie wat in die verstand vasgevang is.
Inspirasie | Emosionele Probleme | Tiener Depressie | Die Huwelik | Maskers Emosies | Geestelike Oorlogvoering | Egskeiding en Kinders | Keerpunt Beraders | Opleiding en Seminare | Kursus Datums | Kontak Ons | Omtrent Onsself | Springkastele