Inspirasie | Emosionele Probleme | Tiener Depressie | Die Huwelik | Maskers Emosies | Geestelike Oorlogvoering | Egskeiding en Kinders | Keerpunt Beraders | Opleiding en Seminare | Kursus Datums | Kontak Ons | Omtrent Onsself | Springkastele

ONDERWERPE:
Verspieders in tye van oorlog.
Waarom val so baie mense terug na bekering?
Begryp die drie dimensies van die mens.
Onderskeid tussen God, Engele en gevalle engele.
Groepering van geestelike wesens.
Kan satan ons nog by God aankla soos vir Job 1:7?
Geestelike Oorlogvoering en Bevryding is ‘n Bybelse opdrag.
Wat is die doel van G.O. en Bevryding?
Wie moet die bose oorwin en hulle na hul bestemming stuur?
Kan die demone ons skade aandoen as ons hulle uitdryf
G.O. en bevryding is ‘n stryd wat in die gees dimensie gewen moet word.
Geestelike wapens tot ons beskikking.
Kan 'n Christen demone hê (Later)
Praktiese bevryding (Later)
Demoon name (Later)
Hoe ken ek mense uit wat demone het (Later)
1.
Verspieders
in tye van oorlog. Na Bo
Wanneer ons kyk na die geskiedenis van oorlogvoering en selfs in Bybelse tye, is daar altyd verspreiders uitgestuur om die vyand te leer ken, sy tegnieke, motiewe, krag en wapens in die fynste detail te dokumenteer sodat daar ‘n teen-aksie en teenaanslag op die vyand kan wees om sodoende te voorsien dat die vyand nie die land kan inneem en dit verslaan en hy daardie land sy vesting maak nie. Daarom is dit vir ons as beraders nodig om die duiwel en sy demone se planne en werking te ken en ook te weet watter krag ons in die Bloed van Jesus het.
2.
Waarom
val so baie mense terug na bekering? Na Bo
Ongeveer 50% van alle mense wat tot bekering kom val terug a.g.v.
i. Emosionele probleme a.g.v. die verlede.
ii. Demoniese bindings en okkultiese verledes.
3.
Begryp
die drie dimensies van die mens. Na
Bo
GEES - Wedergebore by bekering (Onmiddellik). In wese is jy gees dit is die dimensie wat aan jou lewe gee.
SIEL - WIL, EMOSIE, DENKE en INTELLEK. Fil 3:14 “14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.”, 2 Kor 4:16 “16 DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.” Word vernuwe na wedergeboorte met samewerking van die persoon as ‘n keuse. (Dit is nie ‘n outomatiese aksie nie, maar ‘n keuse om genesing te ontvang)
Oorlogvoering vind hoofsaaklik hier plaas.
Die siel is die beheerkamer van jou gees en jou liggaam. As die vyand toegang het tot jou siel, kan hy jou gees en jou liggaam beheer.
LIGGAAM - Ontvang genesing (tydelike tentwoning). God het ons so lief dat hy selfs ons tydelike tentwoning wil herstel. Duiwel kan selfs jou liggaam aantas met siektes soos kanker ens. Die liggaam, net soos die siel word nie onmiddellik herstel na bekering nie, as jy ‘n gebreekte been het en jy kom tot bekering gaan die gebreekte been nie ewe skielik genees wees direk na jou bekering nie.
4.
Onderskeid
tussen God, Engele en gevalle engele. Na
Bo
GOD - Ewig, Gees, Almagtig, Alwetend, Skepper en woon buite die grense van tyd.
Engele - Geskep deur God, Geestelike wesens, Beperkte vermoë, ⅔ van die geestelike wesens.
Gevalle Engele - Bose geeste, demone, onrein geeste, geestelike wesens,beperkte kennis, ⅓ van geestelike wesens.
5.
Groepering van geestelike
wesens. Na
Bo
i.
Migael, die
Aartsengel – leier van geestelike oorlog. Dan 10:13&21” 13
maar die vors van die koninkryk van die Perse het
een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die
vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die
konings van Persië.” & “21 Nogtans sal ek jou te kenne gee
wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam
met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Mígael.”,
12:1, Openb. 12:7 “7 En daar het oorlog in die hemel
gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en
die draak en sy
engele het oorlog gevoer;”, 1 Thes 4:16” 16
Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n
geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van
God”
ii.
Gabriël –
Boodskapperengel. Dan 8:16 “16 En ek het
’n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat
hierdie een die gesig verstaan!”,
9:21-27 “, Luk 1:19,26,27 “19 En die
engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is
gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.”
iii.
Lucifer –
Musiekleier (Reliëfwerk NV, kassies en groewe OV), mooiste van die engele, word
Satan na sy val, hy is nie ‘n ewiglewende skepsel nie en self ook nie ‘n
skepper nie. Eseg. 28:11-19 “Die woord van die Here het tot my gekom: 12 “Mens,
sing ’n treurlied oor die koning van Tirus. Sê vir hom: So sê die Here my
God: Jy was ’n seël wat met sorg vervaardig is, ’n pragtige produk van
volmaakte vakmanskap: 13 jy is uitgebeeld in die godetuin Eden,
omring deur kosbare edelstene: karneool, topaas, jaspis, chrisoliet, oniks,
opaal, saffier, turkoois, smarag, en die reliëfwerk
aan jou was van goud. So is jy gemaak die dag toe jy geskep is. 14 Jy
is uitgebeeld as die gerub wat met uitgestrekte vlerke moes waghou, Ek het jou
die opdrag gegee. Jy was op die heilige godeberg, daar het jy rondgestap tussen
glinsterende edelstene. 15 Jou optrede was onbesproke vandat jy
geskep is totdat jy begin onreg doen het. 16 Jou uitgebreide
handelsbedrywigheid het geweld deel van jou lewe gemaak en jou laat sondig.
“Daarom het Ek jou verstoot van die godeberg af, Ek het jou, gerub wat moes
waghou, tussen die glinsterende edelstene uit verwyder. 17 Jou prag
het jou hooghartig laat word, jou stralende glans het jou jou wysheid laat
verloor. Ek het jou op die grond gegooi, jou daar voor ander konings laat lê
dat hulle jou kon bekyk. 18 “Met jou baie oortredings, met die
onreg in jou handel, het jy jou heiligdomme ontwy. Daarom het Ek ’n vuur uit
jou laat kom wat jou verteer het. Ek het jou ’n hopie as op die grond laat
word voor die oë van almal wat toegekyk het. 19 Almal onder die
volke wat jou geken het, is skrikbevange oor wat met jou gebeur het. Jy het ’n
afskrikmiddel vir ander geword, dit is vir altyd klaar met jou.”,
Jes 14:12-17 “12 Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel
geval. Jy wat ’n oorwinnaar van nasies was, is in die grond in verpletter. 13
En dit jy, jy wat gedink het: ek klim op hemel toe, ek gaan my troon
neersit bokant die hoogste sterre, ek gaan my plek inneem op die berg waar die
gode mekaar ontmoet, vêr in die noorde; 14 ek klim op tot bokant die
wolke, ek word soos die Allerhoogste self. 15 Maar jy stort af in die
doderyk, af tot in sy diepste deel. 16 Dié wat jou daar sien, sal
jou aangaap, hulle sal jou bekyk en vra: “Is dit die man wat die aarde laat
bewe het, wat koninkryke laat wankel het, 17 die man wat die wêreld
onbewoon gemaak het en die stede vernietig het, die man wat sy gevangenes nie
vrygelaat het om terug te gaan huis toe nie?”
6.
Kan satan ons
nog by God aankla soos vir Job 1:7?
Na
Bo
Nee, Openbaring 12:10 “7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. 9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. 10 Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.” sê dat hy is oorwin en uit die hemel uitgegooi.
Vrou = Israel
Sterre = Engele
Draak = Satan en gevalle engele.
Jesus het al reeds die satan begin oorwin deur sy geboorte, in die woestyn, aan die kruis en uiteindelik deur die oordeel.
7.
Geestelike
Oorlogvoering en Bevryding is ‘n Bybelse opdrag.
Na
Bo
Ef
6:10 “EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die
krag van sy sterkte.”
1
Pet 5:6-9 “6 Verneder julle dan onder die
kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. 7 Werp
al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. 8 Wees nugter en
waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu
en soek wie hy kan verslind. 9 Hom moet julle teëstaan, standvastig
in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle
broederskap wat in die wêreld is.
Jak 4:7 “7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.”
Rom
16:20 “20 En die God
van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse
Here Jesus Christus sy met julle! Amen.”
Matt
10:1&7 “10 EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan
hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en
elke kwaal te genees.” & “ 7 En gaan preek en sê: Die
koninkryk van die hemele het naby gekom.”
Mark
1:39 “39 En Hy het die hele Galiléa deur in
hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf.”
Mark
3:15 “14 En Hy het
twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om
te preek
Mark
16:17
“17 En vir die
wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf,
met nuwe tale sal hulle spreek,18 slange sal hulle opneem; en as
hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal
hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.”
Luk 9:1-2 “9 EN Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.2 En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak”
Luk
10:1&17-20 “17 En die sewentig het met blydskap
teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. 18
Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ’n bliksem uit die hemel
sien val. 19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene
te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen
nie. 20 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle
onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe
is.”
8.
Wat is die doel van G.O.
en Bevryding? Na
Bo
Om
dissipels te maak en hulle te leer, alles wat Jesus ons geleer het.
Matt
28:19 “19 Gaan dan heen, maak dissipels van al
die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige
Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”
1
Tim 2:1-4 “3 Want dit
is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,
Sodat
hulle genesing in gees, siel en liggaam kan ontvang om sodoende ‘n oorvloedige
lewe te kan lei en die sonde kan oorwin en sodoende die satan onttroon.
2
Kor 2:14 “14 MAAR God
sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis
deur ons oral versprei.”
Kol
2:15 “14 en die
skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en
weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, 15 nadat Hy die
owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar ten
toongestel en daardeur
oor hulle getriomfeer het.”
Jesus
het die bose ontwapen en kragteloos gestel, ons moet die oorwinning nou afdwing
en Jesus se oordeel oor hulle vel. Ons dwing die bose om hulle aan Jesus te
onderwerp.
9.
Wie
moet die bose oorwin en hulle na hul bestemming stuur?
Na Bo
Ons, die wat God in gees en waarheid aanbid, is geregtig om die bose uit te dryf en mense vry te maak in die naam van Jesus (Namens Jesus)
Heb
2:14 “14 Aangesien
die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier
deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die
dood het - dit is die duiwel –“
1
Joh 3:8 “8 Hy wat die
sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir
hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te
verbreek.”
Rom
16:20 “20 En die God
van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse
Here Jesus Christus sy met julle! Amen.”
Luk
10:17-20 “19 Kyk, Ek
gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van
die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.”
10.
Kan die
demone ons skade aandoen as ons hulle uitdryf
Na
Bo
NEE!!
Luk 10:17-20 “19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op
slange en skerpioene te trap en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle
ooit skade doen nie.”
11.
G.O.
en bevryding is ‘n stryd wat in die gees dimensie gewen moet word.
Na
Bo
Ef
6:12 “12 Want ons
worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die
magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die
bose geeste in die lug.”
Matt.
12:28 & 29 “28 Maar as Ek
deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.
29 Of hoe kan
iemand in die huis van ’n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die
sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.”
2
Kor 10:3-5 “3 Want
hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;”
1
Pet 5:8 “8 Wees
nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n
brullende leeu en soek wie hy kan verslind.”
Geestelike
Oorlogvoering begin in die gees dimensie (deur gebed) en wanneer jy dit in die
gees gewen het dan manifisteer dit in die fisiese dimensie. Ons wapens is nie
vleeslik nie, maar geestelik daarom is dit belangrik om jou aan God se gesag en
Sy Heilige Gees te onderwerp.
12.
Geestelike
wapens tot ons beskikking.
Na
Bo
Gebed:
Matt
26:41 “41
Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel
gewillig, maar die vlees is swak.”
Mark
9:29 “29
En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur
gebed en vas nie.”
Vas:
Matt
17:21 “21
Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie”
Hand
13:2-3 “En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te
vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir
die werk waarvoor Ek hulle geroep het. 3 En toe hulle gevas en gebid
het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.”
Lof
en Aanbidding:
Jy
neem die vyand gevange deur lof- en aanbiddingsliedere aan God.
Ps.
149:6
“6 Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ’n tweesnydende
swaard in hulle hand;”
2
Kron 20:22 “22
En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die
HERE ’n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van
die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.”
Die
WOORD van God:
Joh
8:31-32 “31
En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly,
is julle waarlik my dissipels.
32 En julle
sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
Jes
55:11 “11
so sal My woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My
terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek
dit stuur.”
Heb
4:12 “12
Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige
tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van
gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die
hart.”
WOORD
Belydenisse:
Openb.
12:11 “11
En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van
hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.”
Matt 16:19 “19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.”
Rom
9:9-11
Bloed
van Jesus:
Openb
12:11 “11
En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van
hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.”
Naam
van Jesus:
Luk
10:16,17 “16
Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en
wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.17 En die sewentig het
met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons
in u Naam.
Mark
16:17 “17
En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle
duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,18 slange sal hulle
opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op
siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.”
Joh
14:12-14 “12
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek
doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader
gaan.13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen,
sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.14 As julle iets in
my Naam vra, sal Ek dit doen.”
Liefde:
1
Joh. 4:16 “16 En ons het
die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in
die liefde bly, bly in God, en God in hom.17 Hierin het die liefde by
ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos
Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.18 Daar is geen vrees in die
liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit
straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.”
Blydskap
en Vreugde:
Neh
8:11 “Wees dan
nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE - dit is julle beskutting.”
Engele:
Heb
1:14 “14 Is hulle nie almal dienende geeste
wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe
nie?”
Eenheid:
Hand 1:14 “14 Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ’n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.” 2:46 “46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,
Kommentaar of navrae kan gerig word aan: